Click here for English.
STAPROETES
BANNER_01_2026

Kom stap saam deur ons beeldskone land terwyl jy ook jou binnelandskap verken. Dit beloof om ‘n unieke en verrykende stapervaring te wees.

Spitskop
Pad na Jou Hart
Op die spoor van die grotes
Helpende Hand
Die Spitskop Camino is 'n 9-dae en 120km-lange staptog deur die unieke en diverse Klein Karoo landskap. Spitskop, een van die mooiste en hoogste pieke in die Groot Swartberge, reis in die verte saam met jou.
Dit is 'n sirkelroete wat begin en eindig in Oudtshoorn. Jy stap al langs die voetheuwels van die majestueuse Swartberge.
Die afstande is kort en die tyd vir saamkuier baie.
Pad na Jou Hart is ‘n uniek ontwerpte staptog. Dit bied 'n veilige en ondersteunende ruimte waar jy jou ervarings sagkens kan verwerk.
Jy mag ook nuwe vaardighede aanleer wat jou sal ondersteun en versterk op jou lewenspad.
Soms begin die pad terug na jou hart deur bloot die eerste tree te gee.

Stap saam waar ons die spoor van die grotes volg: Meestal stap ons saam met die grotes figuurlik terug in tyd, maar soms volg ons letterlik die spoor van die grotes in die Knysnawoud.
Hierdie staptog is verrykend op soveel terreine van jou menswees. Elke roete kombineer besondere natuurskoon met die stories van die groot name wat deur al die jare steeds bly voortleef.

Die hoof van Helpende Hand, Hannes Noëth begelei stappers op staptogte ten bate van projekte om kinders in nood, bejaardes en mense met gestremdhede te ondersteun.
Kom stap saam met hierdie gewilde leier en strateeg en geniet die natuurskoon en die gasvryheid van Klein Karoo Camino.
Jou bydrae ondersteun hulpverleningsprojekte landswyd.

Akkommodasie, etes en vervoer van jou bagasie is ingesluit by die prys van alle toere.

Verken die opsies van die Klein Karoo Camino

Spitskop
Pad na Jou Hart
Op die spoor van die grotes
Helpende Hand

Hierdie is 'n ware reistog vir jou siel.

Swartberg_002_C